Les Six

Le Groupe des six, 1922, skildery deur Jacques-Émile Blanche. Hierdie skildery van agt persone beeld slegs vyf lede van Les Six uit; Louis Durey was nie teenwoordig nie. In die middel: pianis Marcelle Meyer. Aan die linkerkant, van bo na onder: Germaine Tailleferre, Darius Milhaud, Arthur Honegger, Jean Wiener. Aan die regterkant, in 'n staande posisie: Francis Poulenc, Jean Cocteau; en gesete: Georges Auric.[1]

"Les Six" (Die Ses) is die naam wat gegee is aan 'n groep van ses komponiste. Van die groep was vyf lede Fransmanne en een Switser. Hulle het geleef en gewerk in Montparnasse. Die oorsprong van die naam kan teruggevind word na twee artikels uit die 1920's deur die musiekkritikus Henri Collet in die joernaal Comœdia (sien Bronne).[2][3] Die groep se musiek word dikwels getipeer as 'n neo-klassieke reaksie teen beide die musiekstyl van Richard Wagner en die impressionistiese musiek van Claude Debussy en Maurice Ravel.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named bialek
  2. Collet, Henri (16 Januarie 1920). "La Musique chez soi (XII): Un livre de Rimsky et un livre de Cocteau – Les Cinq russes, les Six français, et Erik Satie". Comœdia. p. 2.
  3. Collet, Henri (23 Januarie 1920). "La Musique chez soi (XIII): "Les 'Six' français – Darius Milhaud, Louis Durey, Georges Auric, Arthur Honegger, Francis Poulenc et Germaine Tailleferre". Comœdia. p. 2.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search